Local newsNews

Uitsonderlike Gelofteviering op Udolpho

Dit was 'n week van groot hoogtepunte

Die FAK  Udolpho RIvierplaas het vanjaar vir die eerste keer Geloftedag gevier met ‘n Gelofteweek wat van 11 tot 16 Desember gehou is.

Deur die week is verskeie programme aangebied vir die Voortrekkers wat op Udolpho gekamp het, as deel van hul kenteken spesialisasie.  Daar was ook tyd vir kleilatgooi,  windbuks skiet en prettige driebeen-resies. ‘n Besoek aan Liebenbergskoppie en die Liebenberg-grafte het gesorg vir ‘n baie leersame ervaring.

Op 14 Desember het die Voortrekkers vertrek na Winburg, Senekal  en Heilbron waar bekende Voortrekkermonumente soos by Vegkop en ook die Heilbronse konsentrasiekamp besoek is.

Daar is  op die Voortrekkers se Doornkloof-kampterrein oorgeslaap. Doornkloof was die plaas van Voortrekkerleier Sarel Cilliers

Tydens die Voortrekkers se verblyf op Udolpho is daar elke dag vlaghysing en vlagparade gehou, en ook die Gelofte elke aand opnuut afgelê.

Die hoogtepunt van die week was Geloftedag 16 Desember met sowat 180 mense wat die dag bygewoon het.

Die vlagperade het ook die hys van kultuurvlae ingesluit.

Die besielende Geloftediensboodskap is gelewer deur past Pieter Kriel van Kragbron

‘n Besondere oomblik was  die afvuur van die kanon deur mnr. Dirk Bloem van die Swartkruitvereniging.  Die kanon is ‘n namaaksel  van ‘n ou skeepskanon.

Na die diens is daar gebraai en heerlik saamgekuier. Die Wapadrand Boere-dansers het ook gesorg vir groot pret  toe besoekers Boeredanse geleer is en almal kon saamdans.

‘n Klipstapel is gebou om die eerste Gelofteviering op Udolpho te onthou.

Die meeste van die week se verrigtinge wat by die Kultuurstoor waarmee dié stoor ook ingewy is.

Foto-krediet: Jan-Danie Malan en Nicky Jansen van Vuuren van Chilli PicNic

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button