Pieter en Erika Enslin, ‘n afgetreede paartjie van Parys, speel graag jukskei in hulle vryetyd.
Erika vertel hulle speel al vir ongeveer 10 jaar vandat hulle met hulle aftrede na Parys toe getrek het.
“Ek het iemand by die gimnasium ontmoet wat my vertel het van jukskei en my oorreed het om te gaan. Van daar af speel ons gereeld.”
Pieter, ondervoorsitter van die jukskei lub, sê hulle geniet die sport vreeslik baie, en dit is vir hulle lekker om uit die huis uit te kom en sosiaal met ander mense te verkeer.
“Een van ons spelers het op ‘n baie jong ouderdom begin jukskei speel en het dée jaar in Januarie op die ouderdom van 94 ophou speel.”
Die klub se voorsitter, Stefen Bruwer, speel al vir jare jukskei en het sy SA kleure verwerf.
“Hy is ‘n baie goeie leermeester en jukskei is regtig ‘n sport vir almal,” vertel Erika.
Die klub vra ‘n klein foon om aan te sluit. Dit is net om hulle huur van die baan by die kerk te kan betaal. Die klub kom elke Dinsdag en Donderdag om 15:00 by die NG Kerk Wes bymekaar. Die nuwe seisoen begin op 3 September.






