TikTok inspireer die jaar se matriekafskeid
Mode en styl verander elke jaar.
Van Hare, naels, rokke en grimering tot by luukse motors, TikTok-neigings is die jaar se inspirasie vir matriekafskeid-mode.
Deur die jare was daar al die groot hare en pofmoue, die frille en krulle, lang rokke en kort rokke. Mode, veral wanneer dit by matriekafskeid kom, verander vinnig en hou aan om deur die jare te verander.

Lindie Swartz, ān haarkapper van Salon Zinnia, sĆŖ die mode begin weer terugbeweeg na die ou tyd.
āDie meisies soek of krulle of blunt, baie reguit hare. Baie van die style is soos diĆ© wat reeds in die oudae gedra was.ā

Nicolene Nieuwoudt, ān naeltegnikus by Nails in a Flash, sĆŖ die jaar se naelinspirasie kom defnitief van TikTok af.
āNaels wat uitstaan en sommiges wat lyk asof daar goud of silwer op die naels gesmelt is, is nou die in-ding.ā


Theresa Coetser, ān grimeerkunstenaar by Mystique Waters, sĆŖ iets wat nooit uit die mode uit gaan nie, is ān Smokey-eye.
āDie Smokey-eye sal altyd in die mode bly. Dit laat net mens se oĆ« pop. Dit is iets wat ek altyd voorstel as ek sien dit gaan by iemand pas.ā

Martin Van der Merwe, eienaar van Status Luxury Cars, sĆŖ TikTok laat tieners baie druk op hulle ouers sit om onbekostigbare luukse motors vir matriekafskeide te huur.
āHulle sien dit op TikTok en dan will hulle ook in Lamborghinis, Rolls-Royce en Ferraris opdaag. Elke kind en ouer is verskillend. Ons huur gereeld Range Rovers, Maseratis en Audi R8s uit. Die problem is egter meeste matriekafskeide is op dieselfde tyd, so daar is gewoonlik net een luukse kar van sy soort beskikbaar om te huur vir al die afskeide.ā

Tienie Boshoff, ān modeontwerper van Parys, sĆŖ elke jaar se versoeke en mode is anders.
āTikTok en Pinterest speel defnitief ān groot rol in die styl wat tieners vir matriekafskeid wil hĆŖ. ān Styl wat nou nog baie in die mode is, is die korset met die sigbare belyning met kant en borduurde material. ān Ander styl is die half na vol sirkel rompe in sagte materiale.ā





