Skeie klap vir rondomtalie-kragmeting
Die dag is gekenmerk deur goeie jukskei en lekker samesyn op die Mimosa-klub se bane.

Jukskeispelers van Parys se Mimosa-klub, die Eike van Vanderbilpark en die Kiewiete van Drie Riviere, het Donderdag in gemengde spanne aan ‘n vriendskaplike rondomtalie-kompetisie in Parys deelgeneem.



Schalk de Koker van die Eike en Stefan Bruwer van Mimosa eindig eerste, nadat albei dieselfde puntetal behaal het.
Hendrik Knoetse van die Kiewiete was tweede, en Peet Muller, ook van die Kiewiete derde.


Onder die gesoute spelers was die Eike se oom Seppie wat oor drie maande sy 87ste verjaardag vier.
Oom Seppie vertel dat hy 15 jaar gelede begin speel het, toe daar by ‘n werksfunksie van sy skoonseun, jukskei gespeel is, Hy is gevra om saam te gaan, en net daar het die gogga gebyt. Hy het eers vir ‘n jukskeiklub in die Vaaldriehoek gespeel voordat hy vir Oos-Vrystaat gaan speel het.

Noudat die asem min is speel ek saam met die oumense, sê hy met ‘n vonkel in die oog.





Parysenaars wat belangstel in jukskei kan gerus by die Mimosa-jukskeiklub aansluit.
Die klub vra ‘n klein foon om aan te sluit, om die huur van die baan te kan betaal. Die klub kom elke Dinsdag en Donderdag om 15:00 by die NG Kerk Wes bymekaar.



