Local news

Polisieduikers red gesin by Modderdam

Die gesin, wat ‘n man sy vrou en twee kinders insluit, was sedert gistermiddag vasgekeer nadat hulle besluit het om te gaan vis vang.

Polisieduikers het Maandag, 13 Februarie ‘n gesin van vier by die Modderdam gered wat op die damwal vasgekeer was.

Die gesin, wat ‘n man sy vrou en twee kinders insluit, was  vasgekeer nadat hulle besluit het om te gaan vis vang. Weens die swaar reën en omdat ‘n gedeelte van die damwal glo verspoel het, is hulle vasgekeer.

Hulle moes die aand op die damwal spandeer, aangesien dit te gevaarlik sou wees om weer terug deur die water te loop.

Volgens Herman Freysen, het die man, wat een van sy werkers is, met hom kontak gemaak.

“Hy het laat die middag (18:00) my broer gebel en gesê dat hy vassit. Dit het net begin reën. Toe ek daar kom toe het hy my laat weet dat hy oraait  is en die aand daar kon spandeer,” noem Freysen, wat die polisie gekontak het om die man en sy gesin te gaan red.

 

“Ek wou hul met ‘n tou help, maar my werker is die enigste een wat kan swem. Die ander drie kan nie, so ek wou dit nie waag nie om moontlike tragedie te voorkom,” verduidelik hy.

NW polisiewoordvoerder, Lt. kol. Amanda Funani het ook die voorval bevestig.

“Geen saak is oopgemaak nie en niemand is beseer nie. Hulle is gered en weer veilig op pad huis toe,” noem Funani.

Mooirivier Beskerming First Responder, ER24 nooddienste en die SAPD was ook op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button