NewsNews
Kaskenades in die water
Bewolkte weer of te nie - niks kon die gees demp by verlede week se waterkaskenades van die Parys Voortrekkerkommando. Selfs die roomyse was oudergewoonte reg om die middag se pret mee af te sluit. Of dit nou driebeen-resies was, of blink klippies wat met die tone uit ’n skottel water gehaal moes word, of water ingooi in ’n lekkende pyp - die Vories maak ’n plan vir saamwerk en saamspeel. Die Voortrekkers kom elke Woensdagmiddag om 16:00 bymekaar op die Parys Primêre skool se skoolgronde. Die waterkaskenades is ’n jaarlikse instelling om die jaar se aktiwiteite mee af te skop.
Bewolkte weer of te nie – niks kon die gees demp by verlede week se waterkaskenades van die Parys Voortrekkerkommando. Selfs die roomyse was oudergewoonte reg om die middag se pret mee af te sluit. Of dit nou driebeen-resies was, of blink klippies wat met die tone uit ’n skottel water gehaal moes word, of water ingooi in ’n lekkende pyp – die Vories maak ’n plan vir saamwerk en saamspeel. Die Voortrekkers kom elke Woensdagmiddag om 16:00 bymekaar op die Parys Primêre skool se skoolgronde. Die waterkaskenades is ’n jaarlikse instelling om die jaar se aktiwiteite mee af te skop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.