NewsNews

Valentynsdag: Gee die geskenk van lewe

Rooi rose, sjokolade, romantiese pieknieks en etes is maar enkele maniere waarop mense wys hoeveel hulle vir mekaar omgee op Valentynsdag. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens wil egter diegene wat iets anders wil doen om Valentynsdag te vier, aanmoedig om bloed te skenk en só iemand in nood te help. Moeders in kraam, kankerpasiënte en slagoffers van ongelukke is maar enkele van dié wat dikwels van lewensreddende bloedoortappings gebruik moet maak. Bloedskenkers is naamlose helde wat duisende mense ‘n tweede lewenskans bied.

Rooi rose, sjokolade, romantiese pieknieks en etes is maar enkele maniere waarop mense wys hoeveel hulle vir mekaar omgee op Valentynsdag. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens wil egter diegene wat iets anders wil doen om Valentynsdag te vier, aanmoedig om bloed te skenk en só iemand in nood te help.
Moeders in kraam, kankerpasiënte en slagoffers van ongelukke is maar enkele van dié wat dikwels van lewensreddende bloedoortappings gebruik moet maak. Bloedskenkers is naamlose helde wat duisende mense ‘n tweede lewenskans bied.
Valentynsdag bied ons die kans om liefde en grootmoedigheid teenoor ons medemens te betoon. Hierdie dade is des te meer spesiaal wanneer dit aan mense gegee word wat ons dalk nooit sal ontmoet nie.
Elke eenheid bloed wat geskenk word kan tot drie ontvangers bevoordeel. Bloed wat deur onbetaalde vrywilligers geskenk word, word in verskillende produkte soos bloedplaatjies verwerk wat noodsaaklik is vir pa- siënte wat aan aplastiese anemie (bloedarmoede) ly.
Bloedskenkers moet tussen 16 en 65 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg en moet ‘n veilige seksuele lewenswyse volg. Skenkers word aangemoedig om altyd iets te eet voordat hulle bloed skenk.
Ten einde aan die groeiende behoefte in bloed te voldoen, en om goeie voorraad te handhaaf, probeer die SANBD om ten minste 3 000 eenhede bloed daagliks in te vorder. So ‘n mikpunt vereis dat vele mense saamwerk.
SANBD en vennote nooi daarom die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 14 Februarie by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Die doelwit vir die dag is om 150 eenhede bloed in te samel. Vennote op die dag sluit in Egweni Lodge, Aurora Hair and Beauty Salon, River Spa Parys, O’s Restaurant en Jimmy Jaggers Restaurant.

Related Articles

Back to top button