Nominasies nou oop om vir Aardklop as gewildste kunstefees te stem
Is Aardklop jou gunsteling kunstefees? Benoem ons nóú vir ‘n kykNET Fiesta! Nominasies kan tot en met 30 November om middernag ingestuur word. Fees-aanhangers kan stem deur hierdie skakel te volg: https://kyknet.dstv.com/wen/fiestas-2018-benoem-jou-gunsteling-fees In 2016 is Aardklop genomineer as een van Suid-Afrika se gunsteling kunstefeeste – en dit in die fees se “eerste volwaardige bestaansjaar”. Aardklop… …

Is Aardklop jou gunsteling kunstefees? Benoem ons nóú vir ‘n kykNET Fiesta!
Nominasies kan tot en met 30 November om middernag ingestuur word. Fees-aanhangers kan stem deur hierdie skakel te volg: https://kyknet.dstv.com/wen/fiestas-2018-benoem-jou-gunsteling-fees
In 2016 is Aardklop genomineer as een van Suid-Afrika se gunsteling kunstefeeste – en dit in die fees se “eerste volwaardige bestaansjaar”.
Aardklop is ’n hoogtepunt op talle feesgangers van regoor Suid-Afrika se kunskalender en 2017 was niks anders as dit nie – ’n hoogtepunt!
Met 15% groei in produksiekaartjieverkope, meer as 25 debuutproduksies wat by die fees aangebied is en meer as 700 kunstenaars wat by die fees betrokke was, is dit dus geen verrassing dat Aardklop een van die land se gunstelinge is om te wen nie.
Verseker Aardklop se plek as een van die land se gewildste kunstefeeste deur die fees aanlyn te nomineer.
Die Fiëstas saai op 8 Februarie regstreeks uit vanaf die Teatro by Monte Casino.



