Wees waaksaam by die OTM
Met die Desember-vakansie wat voorlê doen die polisie ’n beroep op inwoners om baie versigtig te wees wanneer ’n OTM gebruik word. Hou die volgende veiligheidswenke in gedagte: 1. Bedek die sleutelbord met jou hand wanneer jy jou pinnommer insleutel, selfs al sou jy alleen by die OTM wees. 2. Moet nooit hulp aanvaar of …

Met die Desember-vakansie wat voorlê doen die polisie ’n beroep op inwoners om baie versigtig te wees wanneer ’n OTM gebruik word.
Hou die volgende veiligheidswenke in gedagte:
1. Bedek die sleutelbord met jou hand wanneer jy jou pinnommer insleutel, selfs al sou jy alleen by die OTM wees.
2. Moet nooit hulp aanvaar of vra dat iemand jou help by die OTM nie. Gaan vra liewer hulp in die bank.
3. Registreer vir “3D secure” ook bekend as Verified by Visa of MasterCard SecureCode voordat jy aanlyn aankope met jou bankkaart.
4. Wees versigtig vir kennisgewings dat jy ’n kompetisie gewen het, veral as jy weet jy het vir geen kompetisie ingeskryf nie. Moenie reageer op versoeke om jou persoonlike inligting te gee nie.
5. Dra so min moontlik kontant aan jou.
6. Gebruik alternatiewe bankmetodes soos internet banking of selfoon banking.



