NewsNews

Geloftefeesdiens by gekiedkundige Dewetsdrift-terrein

’n Geloftefeesdiens word Saterdag 16 Desember by die geskiedkundige DeWetsdrift Geloftefeesterrein in die Vredefort Koepel gehou. Die terrein is 7km vanaf die Skandinawiëbrug aan die Vrystaat-kant, rivier op teen die Vaalrivier. Die verrigtinge sal om 09:30 met sang begin, waarna ds. Peet Crous die diens sal lei. Dr. Pieter Groenewald tree daarna op as spreker. …

’n Geloftefeesdiens word Saterdag 16 Desember by die geskiedkundige DeWetsdrift Geloftefeesterrein in die Vredefort Koepel gehou. Die terrein is 7km vanaf die Skandinawiëbrug aan die Vrystaat-kant, rivier op teen die Vaalrivier.
Die verrigtinge sal om 09:30 met sang begin, waarna ds. Peet Crous die diens sal lei. Dr. Pieter Groenewald tree daarna op as spreker. Hy praat oor versoening en wat dit vir verskillende volke en kultuurgroepe beteken, asook die betekenis van die gelofte vir die Afrikaner
Deel van die oggend se verrigtinge sluit in die vlaghysing en kransleggingseremonie deur ’n perdekommando.
Kom deel in die dag se verrigtinge wat gratis aangebied word.
Worsbroodjies en koeldrank sal ook gratis beskikbaar wees en besoekers en gaste van ander gebiede is hartlik welkom.
Daar is plek vir 220 mense in die onderdak amfiteater, maar as jy laat is, bring jou eie kampstoel of kussings saam.
Die geleentheid word vanjaar deur die jeug van die Vredefort Koepel georganiseer.
Volgende jaar wanneer die 110-jarige bestaan gevier word, word ’n groot fees beplan met boeresport, sangers, ’n  groot perdekommando en ossewaens met osse wat deel sal wees van die program.
Volg ook die DeWetsdrift Geloftefees Facebook-blad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button