NewsNews

Eerstejaars op veeltalige kampus verwelkom

Sowat 5 000 eerstejaars en hulle ouers is vanjaar by die NWU se Potchefstroomkampus verwelkom. Sowat 5 000 eerstejaars en hulle ouers is vanjaar by die NWU se Potchefstroomkampus verwelkom. In sy toespraak aan die groep het prof. Fika Janse van Rensburg, adjunkvisekanselier van die NWU, gesê dat die NWU gekies het om nie enkeltalig …

Sowat 5 000 eerstejaars en hulle ouers is vanjaar by die NWU se Potchefstroomkampus verwelkom.


In sy toespraak aan die groep het prof. Fika Janse van Rensburg, adjunkvisekanselier van die NWU, gesê dat die NWU gekies het om nie enkeltalig Engels te wees soos baie ander universiteite nie, maar dat daar ’n multitalige beleid op die NWU is wat Afrikaans, Engels en Setswana/Sesotho insluit.
Volgens hom het spesifiek die Potchefstroomkampus wat volgende jaar 150 jaar oud is, ’n geskiedenis van verandering, daarom moet mense nie weg sku vir verandering nie.


“Ons toets onsself deurlopend aan wat as universeel belangrik beskou word,” het hy gesê.
Aangesien die kampus volgende jaar 150 jaar oud word, het prof. Janse van Rensburg gevra watter studente as tweede, derde of vierde generasie hulself by die kampus aansluit. Daar was inderdaad een student wat ’n vierde generasie Puk is.
Die Registrasie en Oriëntering program (R&O) waar eerstejaars stelselmatig bekendgestel word aan die universiteit, is al sterk aan die gang. Dit sal uitloop op die jaarlikse vlotoptog wat vroeg in Februarie sal plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button