
Verkeersvloei is verlede Donderdag vir etlike ure op die R59 net buite Parys, enkele kilometers voor die vliegveld ontwrig, ná ‘n ernstige ongeluk rondom 12:00 die middag, toe ’n ligte voertuig in swaar reën met die sleepwa van ‘n vragmotor gebots het.
Die bejaarde Malcolm en Sue Forster van Goue Jare in Parys, is ernstig beseer in die ongeluk en was teen Gazette se druktyd steeds in die hospitaal met veelvuldige beserings. Hul toestand is stabiel
Malcolm is oor die naweek geopereer om ’n gebreekte sleutelbeen te herstel.
Die beseerde vragmotorbestuurder is na die Parys Distrik-hospitaal vervoer, maar is reeds ontslaan.
Parys Medix, IMR en Parys EMS het bystand op die toneel verleen.



