NewsNews

Probleme met Sassa-onttrekkings

Verskeie Sassa-begunstigdes het vanogged (Maandag 2 Julie) teleurgesteld moes omdraai nadat hulle nie hul maandelikse toelaag kon onttrek nie. By navraag aan die Poskantoor is Gazette meegedeel dat daar ‘n tegniese probleem is wat veroorsaak dat daar landwyd mense is wat nie hul toelae kon onttrek nie. Die probleem is klaarblyklik gerapporteer maar geen aanduiding …

Verskeie Sassa-begunstigdes het vanogged (Maandag 2 Julie) teleurgesteld moes omdraai nadat hulle nie hul maandelikse toelaag kon onttrek nie.

By navraag aan die Poskantoor is Gazette meegedeel dat daar ‘n tegniese probleem is wat veroorsaak dat daar landwyd mense is wat nie hul toelae kon onttrek nie.

Die probleem is klaarblyklik gerapporteer maar geen aanduiding kon gegee word van wanneer die geld beskikbaar sal wees vir onttrekking nie.

Sassa-personeel sal egter weer Woensdagoggend by die sysaal van die stadsaal wees, en is elke Donderdag ook in Tumahole om mense te help met die oorskakeling na die nuwe Sassa-kaart. Mense is aangeraai om indien hul steeds Woensdag probleme ervaar, navraag by hul naaste Sassa-kantoor te doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button