
Danielle Venter, ’n graad 10-leerling aan die Hoërskool Parys, het saam met haar mede-dansers van DanceWorx UnLimited, gesorg vir puik prestasies op die dansvloer in Porec, Kroasië, waar hulle aan die DanceStar Wêreldkampioenskappe deelgeneem het.
Die span het deurgedring na die finaal van die kompetisie, ook met nuwe items waarvoor hulle daar moes kwalifiseer.
Die kompetisie is afgeskop deur ongeveer 7 000 dansers vanoor die wêreld wat 23 lande ingesluit het.
Die Suid-Afrikaanse span het 400 deelnemers op die verhoog gehad met die openingsaand.
Danceworx se span is hoog geplaas in verskeie afdelings en het ook ’n eerste plek gewen vir ‘n senior tapgroep met LynMayri Redpath, Demi du Plessis, Caitlin Peach, Chante van der Merwe en Carlia Dippenaar.
Twee tweede plekke is behaal met 1 solo deur Chanté van der Merwe, en duetpaar – Lynmayri Redpath en Dylan Paiva.
Dan was daar ook ’n derde plek deur die hele span vir hul groepdans- DWX Force, met die ander lede Clodia Paiva, Abby Church, Chayenne Swanepoel, Danielle Venter en Nikita Erasmus.
Die span het goed vertoon en SA se naam hoog gehou, met elkeen van die dansers wat ’n top plasing ontvang het, sê Elrine Kotze onder wie se leiding DanceWorx Unlimited staan. Die hulpchoreograaf was Lizell Crause.
Die span het benewens hul deelname aan die wêreldkampioenskappe, ook ’n besoek gebring aan Venesië en ’n heerlike gondelvaart op die kanale beleef.
Die hoogtepunt was die besoek aan die Doge paleis. Die duiwe op St. Marksplein het uit die dansers se hande geëet, en die span het geleentheid gehad om egte Italiaanse pizza te kon geniet.
Met ‘n besoek aan die nabygeleë eiland, Murano, het hul die besondere glasblaasskuns gesien.
Die besoek aan Kroasië is afgerond met interessante besoeke aan nabygeleë eilande.
Op Rovinj is heerlike roomys geëet, asook ’n tradisionele Kroasiese visete met musiekbegeleiding deur tipiese plaaslike musikante. Dan het hulle ook die pêrel van Kroasië besoek – die Plitvic Mere met talle watervalle