NewsNews

Vrou se been afgeruk na motorfiets haar tref

Die vrou is opslag dood nadat haar linkerbeen afgeruk is.

VANDERBIJLPARK. – Die omstrede R57 tussen Vanderbijlpark en Sasolburg het weer die lewe van ‘n voetganger geeïs nadat ‘n motorfietsryer ‘n vrou  gister, 2 Augustus, onder die brug by Flora Gardens raakgery het.

Die ongeluk het ongeveer 06:30 gebeur toe vrou in haar laat twintigs of vroeë dertigs, voor die motorfietsryer wat in die rigting van Sasolburg op pad was, oor die pad gehardloop het. Die vrou is opslag dood nadat haar linkerbeen afgeruk is.

Die motorfietsryers is ernstig beseer en is op die toneel deur ER24 paramediese personeel behandel en na die hospitaal geneem vir behandeling. Hy het sowat 70m van die inpakpunt gelê. Die motorfiets, wat ‘n ent verder af as sy bestuurder gelê het, het baie skade opgedoen. Verkeer in die rigting van Sasolburg was ‘n tyd lank ontwrig terwyl forensiese deskundiges hul afmetings en fotos op die toneel gedoen het.

Die polisie ondersoek die saak.

FOTOS: Jannie du Plessis en Johanna Strydom

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button