As jy na ‘n dierevriend soek, hoekom nie ‘n draai maak by die Parys DBV nie? Daar is ‘n hele paar pragtige honde vir wie daar huise gesoek word.
Een van hierdie honde, Bella, het onlangs ‘n tuiste gevind en is dit een van vele suksesverhale van DBV-aannemings.

Dalk kan jy help om vir Bella se suster ook ‘n gelukkige huis te bied.

Yorkie-liefhebbers sal mal wees oor hierdie pragtige volwasse Yorkie reuntjie vir wie daar ‘n huis gesoek word.

En dan is daar hierdie baie liefdevolle Duitse herdershond kruising.
As jy kan help skakel die Parys DBV by tel. (056) 811 3671 of insp. Zama by 079 500 7415.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



