NewsNews

Kalf na ure uit graf gered

Kalf na ure uit graf gered

Vir langer as 24 uur was dié brahman-kalfie vasgevang in ‘n oop graf in die begraafplaas in die nywerheidsgebied van Parys.
Was dit nie vir personeel van die Parys DBV wat tot sy redding gekom het nie, sou die kalfie waarskynlik nie oorleef het nie.
Volgens Maggie Singh, inspekteur en bestuurder van die plaaslike DBV-tak, het sy die noodoproep op 1 Mei teen 18:00 die aand gekry van mense van Johannesburg wat die dag in Parys was om hul ma se graf skoon te maak.
By die tyd dat hulle die kalfie gehoor het, was dit reeds laat en moes hul huiswaarts keer.
Die kalfie was toe al baie swak.
By die begraafplaas gekom het Maggie, en Tajinder Singh (DBV-vrywilliger) die kalfie naby Heroe’s Rock in die Kindergraf-gedeelte van die begraafplaas gekry.
Die kalfie was in ‘n oop graf van ongeveer ses voet diep. In die lig van die voertuig kon hul net sy oë sien.


By dié tyd het die kalfie nie meer ‘n geluid gemaak nie.
Hoewel hy nie beseer was nie, was hy gedehidreer, gedisoriënteerd en baie bang.
Maggie het dadelik hulp ontbied en ‘n boer en sy vier werkers het kom help, asook twee vrywilligers, Collin en Wessie, om die spreekwoordelike kalf uit die put, of te wel graf, te kry.
Met telefoniese raad en bystand van die DBV-hoofkantoor en ‘n plaaslike veearts, is die kalfie met ‘n groot gesukkel meer as drie ure later met ‘n touharnas en loopplank uitgekry, en die nodige behandeling gegee.
Die kalfie was nie gemerk nie. Gevolglik is hy tans onder die DBV se sorg en is daar nou ‘n vasgestelde tydperk waarin die regmatige eienaar met die nodige bewyse van eienaarskap die kalfie moet kom opeis. So nie sal die normale aannemingsprosedures deur die DBV gevolg word.


* Maggie wat goed bekend is in die Parys-gemeenskap en voorheen hier werksaam was, is sedert 17 April terug by die plaaslike DBV as inspekteur. ‘n Nuwe komitee, verteenwoordigend van die gemeenskap, is ook saamgestel in samewerking met die NDBV.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button