NWU Puk-koor wen internasionale koorkompetisie in Praag
NWU Puk-koor wen internasionale koorkompetisie in Praag

Beoordelaars het eers die beste vyf kore uit die uit die groot, gemengde koorafdeling gekies, waarna hulle weer teen mekaar meegeding het. Die vyf kore het elke twee werke gesing, waarna die wenner aangewys is.
Maandag, 2 Desember het die Puk-Koor saam met die Dominata Koor ‘n konsert by die Krakow Universiteit van Ekonomie aangebied en Dinsdag het hulle in die St. Peter en Paul Kerk in Krakow opgetree.
Die konserttoer in die sprokiesagtige sneeuwit Europa sluit die volgende stede in – Budaperst en Veszprém (Hongarye), Wenen (Oostenryk), Ceské Budejovice (Tjeggiese Republiek), Frankfurt (Duitsland), Groesbbeek (Nederland) en Bratislava (Slovakië). Hulle toer eindig 18 Desember.





