NewsNews

‘Toevallighede’ het skool op ramp voorberei – oudskoolhoof

Hoërskool Driehoek-brugramp – Een Jaar Huldeblyk

Só sê mnr. Hein Knoetze, voormalige hoof van die Hoërskool Driehoek, wie se aftrede ten tyde van die ramp reeds beplan was.
“Dit was verskriklik moeilik om te laat los en so gou na die tragedie met my geskeduleerde pensioen af te tree terwyl daar nog so baie was om te doen,” sê hy.
Hy en sy vrou, Ina, woon nou in Tergniet naby Groot Brakrivier in die Wes-Kaap, waar hulle graag langs die see gaan stap, tuinwerk doen of hulle met huisverbeteringe besig hou. Daar word ook tyd gemaak om gereeld saam met hul kinders en vier kleinkinders te kuier.

Mnr. Knoetze is na die ramp deur ‘n paar skole en kerke genooi om praatjies te kom lewer oor hoe hy die trauma verwerk. Hy is verlede jaar ook genooi om by die groot Hoofdesimposium in Port Elizabeth daaroor te praat, gevolg deur talle uitnodigings van skole regoor Suid-Afrika. Vandag deurkruis hy en Ina die land om
motiveringspraatjies aan te bied.
“Ek kan getuig van die hoop te midde van so ‘n tragedie, en hoe die Here die pad saam met ons loop. Ek besef vandag dat Hy my reeds as kind op die tragedie van 1 Februarie 2019 begin voorberei het. Om oor die gebeure te praat – ook oor die positiewe dinge wat daaruit voortgevloei het – dra by om vir my vrede en berusting te bring.

Hy sê ‘n hele paar “toevallighede” het voor die Driehoek-brugtragedie gebeur om die skool voor te berei op so ‘n noodsituasie.

“Ek beskou dit egter nie as ‘toevallig’ nie – eerder as ‘toe val Jesus se lig’. Een so ‘n voorbeeld is dat ons ons skool se gebeurlikheidsplanne slegs twee weke voor die ramp deeglik opgeskerp het nadat een van ons leerlinge geval het en beseer is. Om dié rede het ons direk na die ramp presies geweet wat ons moes doen en wie ons dadelik moes kontak. Danksy dié optrede was ambulans- en ander nooddienste baie vinnig op die toneel om hulp te verleen,” sê mnr. Knoetze.

Hy was in September verlede jaar weer in Vanderbijlpark en het die skool besoek om die nuwe brug te sien. “Dit was ‘n emosionele ervaring en ek het weer met baie van die mense gepraat. Dit het my verder gehelp om deur die gebeure te werk en berusting te begin vind.”
Maar al kom daar met die tyd meer vrede, sal die gebeure vir altyd in sy geheue ingebrand wees.

“Daar is elke dag iets wat my aan die tragedie herinner,” sê hy.

‘Toevallighede’ het skool op ramp voorberei – oudskoolhoof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button