NewsNews

Kinders mag beweeg, maar…

Ouers se papierwerk moet reg wees

Beweging van kinders tussen die huise van geskeide ouers wie albei ouerlike regte het, word nou weer toegelaat, maar onder streng voorwaardes.

Dit beteken dat ouers wie se kinders tans in ‘n ander provinsie is as waar die kinders se primêre huis is, toegelaat sal word om terug te keer na hul primêre plek van verblyf mits ouers die nodige papierwerk by hul het.
Die minister van Samewerkende Regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Donderdag 16 April, die regulasies met betrekking tot kontakregte tot kinders, gewysig.

Die Regulasies lui nou dat die beweging van ‘n kind tussen medehouers van ouerlike regte en verantwoordelikhede tydens die staat van inperking wel weer moontlik is in gevalle waar reëlings in plek is vir die kind om te kan beweeg van een ouer na ‘n ander, kragtens (a) ‘n hofbevel of (b) ‘n ouerskapplan wat reeds geregistreer is by die Kantore van die Gesinsadvokaat. Die ouer wat die kind vervoer moet hierdie hofbevel, geregistreerde ouerskapplan, of minstens ‘n gesertifiseerde afskrif van ‘n sogenaamde “unabridged” geboortesertifikaat waarop die moeder en vader se name verskyn,  by hulle hê wanneer die kind vervoer word.
Vorms wat die ouer wat die kind vervoer in hul besit het, moet volledig voltooi wees met die volle name, identifikasie of paspoort nommers, en volle kontakbesonderhede van die ouers  soos wat op die vorm vereis word.

Die voorbehoud op hierdie beweging van kinders is egter steeds in plek. Die Regulasies lui in geen onsekere woorde dat waar dit bekend is dat ‘n kind in daardie omstandighede beweeg sal word na ‘n huishouding waar dit redelikerwys vermoed word iemand in daardie huishouding die Covid-19 virus opgedoen het, of daar in kontak was met ‘n persoon wie die Covid 19 virus opgedoen het, beweging streng verbode is.

 

Related Articles

Back to top button