NewsNews

Sukkel-sukkel met TERS: Hier’s antwoorde

Sukkel-sukkel met TERS: Hier’s antwoorde

Heelwat Parysenaars het hul hoop op die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) of te wel die Temporary Employment Relieve Scheme (TERS) vir verligting by gebrek aan inkomste tydens die nasionale staat van inperking. Teen Maandag was daar reeds 55 268 aansoeke ontvang vir die Covid19 Ters-skema, waarvan 37 673 aansoeke al verwerk is. Sedert 16 April het die WVF ook reeds R1,1 miljard uitbetaal deur middel van Covid 19Ters, berig Netwerk24.

Met die plaaslike kantoor van die departement van indiensneming en arbeid wat tans gesluit is, blyk dit dat daar egter steeds mense is wat onseker is hoe om te werk te gaan of sukkel om die nodige vorms in te dien. Volgens Annatjie de Coning, besigheidsbestuurder by Dynamic Labour Solutions, is die aanlynstelsel wat gebruik word, nie baie gebruikersvriendelik nie, en is vorms al verskeie kere verander.

Sy gee die volgende advies vir werkgewers:
Daar is twee Exel-dokumente wat voltooi moet word. Die een is die werkgewer sowel as die werknemer se inligting, en die tweede is die bankbesonderhede van die werkgewer. Daarmee saam moet bewys van die bankbesonderhede van die werkgewer gaan, sowel as die bewys van die afgelope drie maande se betalings aan die werknemers.
Die twee Exel-dokumente moet na ‘n CSV-formaat omgeskakel word voor jy dit e-pos.

Die ander dokument wat dit moet vergesel as jy meer as 10 (tien) werknemers het, is die sogenaamde “Memorandum of Agreement”. Dit is in PDF formaat. Dit moet op die voorblad verander word van ‘Employer’, na die naam van jou besigheid en op elke bladsy saam met die WVF-kommissaris geteken word. Die datums is baie belangrik en elkeen moet seker maak dat dit reg voltooi is. “Uit ondervinding weet ons dat indien iets nie reg is nie, word dit summier uitgegooi.”

Dynamic Labour Solutions se kantoor is tans met die staat van inperking gesluit, maar kan daar steeds gehelp word, sou mense hulp benodig met eise. Mense kan die volgende e-pos adresse of selfoonnommers gebruik vir navrae.
* Fanus: fanus@dynlabour.co.za en sy nommer is 083 308 1227
* Annatjie: info@dynlabour.co.za en haar nommer is 083 2444 241
Annatjie waarsku dat mense bedag moet wees op allerlei stories en vals inligting wat tans die rondte doen oor uitbetalings.

 

 

Related Articles

Back to top button