

Ons diepe medelye met die familie van Org Prinsloo, ‘n oudskolier van Hoërskool Parys wat Dinsdag 29 Desember aan ‘n hartaanval oorlede is.
Org sou in Januarie sy 40ste verjaardag gevier het. Org was sedert 2005 as laerskoolonderwyser verbonde aan Sentrale Volkskool in Kroonstad.
Hy word oorleef deur sy vrou, Leana, seuns, Luan en Erik, en sy broers, Jacques en Derick asook sy ma, Susan.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



