Local newsNews
Dit was ‘n atletiek-eerste vir laer- en hoërskool
Hierdie gebeur nie sommer in Parys nie.

Die paviljoene van Parys Primêre skool en Hoërskool Parys is vanoggend in rooi en blou getooi met beide skole wat vandag hul kleuresportbyeenkomste hou.
Vir Parys was dié ‘n ongewone gesig om beide die kleuresportbyeenkomste op dieselfde dag te hê, en moes menige ouer wat kinders in beide die laer- en hoërskool het, hul treë rek om betyds langs die onderskeie atletiekvelde te wees om die kinders te ondersteun.
Oral was dit besig. In die snoepierye, op die baan, en by die wenstreep waar selfoonkameras oortyd gewerk het om die oomblik vas te vang – vir die graad 1’s hul eerste keer, en vir die matrieks hul laaste kleuresport geesvang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.