Local newsNews

VVA maak harte warm met uitreik

Danksy die mooi gebaar is daar heelwat kinders en volwassenes wat warmer sal wees in hierdie winterkoue

Oor jare is die gemeenskap van Parys se harte en hande oop vir Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) en die werk wat hierdie welsynsorganisasie in die gemeenskap doen. Dié keer kon VVA egter terug gee aan die gemeenskap danksy ‘n serpskenking van die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC).

Die serpe is oorspronklik deur mense oor die land gehekel vir die Guiness-wêreldrekord poging wat in 2024 tydens die sakekamer se Rocking the Vaal-inisiatief opgestel is toe al die serpe, wat vir die inisiatief gehekel is, aanmekaar gewerk is om ‘n serp van 35,34km te kon maak. Daarmee is die vorige serp-rekord van 35km verbeter.

Die doel van die rekordpoging was juis om weer uit te reik na gemeenskappe, en is 1 760 van die serpe aan VVA Parys geskenk.

Dié serpe asook ‘n aantal musse is deur VVA Parys onder volwassenes en kinders in die Parys, Tumahole en Schonkenville gemeenskappe versprei.

Die uitreik van VVA met warm serpe en musse, het groot vreugde in baie kinderharte gebring.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button