Tweede vliegongeluk in minder as ‘n maand naby Carletonville
Niemand is in die ongeluk beseer nie
‘n Vlieënier moes Saterdag ‘n noodlanding in die veld naby Baardstraat in Carletonville Uitbreiding 9 maak, nadat die vliegtuig vermoedelik enjingprobleme tydens ‘n vlug ontwikkel het.
Sover vasgestel kan word, word die vliegtuig deur die Johannesburg Skydiving Club (JSC) gebruik om valskermspringers in die lug op te neem.
“Dit het nou net oor Fochville gevlieg en mens kon hoor daar is probleme. Dit het gestol en dan weer gevlieg,” sê ‘n inwoner van Fochville.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Dit is die tweede vliegongeluk in die Carletonville omgewing in net minder as ‘n maand.
Op 29 Desember is ‘n boer van die omgewing, mnr. Casper Botha en sy vrou Estelle, sowel as mnr Hennie Viviers dood toe hul twee vliegtuie op die plaas Arena in mekaar vasgevlieg het.
Die ondersoek na die voorval is steeds aan die gang.