Kyk wat jy in jou motor los
Motordiefstal is 'n realiteit soos wat die afgelope week weer gesien is
Die polisie het die afgelope week weer motoriste ernstig gewaarsku om nie waardevolle items in geparkeerde motors te laat nie. Motordiefstal is ‘n realiteit soos wat die afgelope week weer gesien is toe ‘n Nissan Almera helder oordag voor Checkers gesteel is.
Moet onder geen omstandighede huissleutels, jou beursie, skootrekenaar, selfoon en ander besittings van waarde in jou motor los nie.
Hoewel WhatsApp groepe ‘n baie belangrike rol speel om inligting vinnig te versprei, is dit belangrik om dit onmiddellik by die polisiestasie aan te meld sou jou voertuig gesteel word. Polisie eenhede wat spesifiek met voertuigdiefstal werk, kan dan dadelik in kennis gestel word om op die uitkyk te wees vir die voertuig.
Maak seker jy het jou motorregistrasienommer en versekeringsdokumente altyd byderhand, sou jou voertuig gesteel word.