Hitte, droogte hou kommer in vir boere
“Ons het groot gebiede gesien waar die skade reeds onomkeerbaar is," het Tobias Doyer, Graan SA Hoof Uitvoerende Beampte gemeld.
Graan SA is baie bekommerd oor die impak van die droogte en mark omstandighede op graanprodusente. Somergraanproduksiestreke het tans groot uitdagings met droogtetoestande. Die uiterste hitte en droë toestande veroorsaak dat die oes baie vinniger versleg as wat aanvanklik verwag is, sê Graan SA.
“Ons het groot gebiede gesien waar die skade reeds onomkeerbaar is,” het Tobias Doyer, Graan SA Hoof Uitvoerende Beampte gemeld. “Ons het besproeiingsmielies gesien wat ook uitdagings ervaar weens beurtkrag asook die hitte toestande.
Die wintergraan produksieseisoen het weer vroeër verskeie uitdagings gehad met oormatige reën in sekere dele wat verliese in opbrengste tot gevolge gehad het en finansiële druk op produsente in dié areas.
Hierdie uitdagings word ervaar in ’n tyd waar marges op gewasse soos mielies, reeds laag is weens internasionale voorrade en internasionale prysdruk. Dit maak die herstel tydperk van die individuele produsente baie moeilik in uitdagende produksie omstandighede
“Die Nasionale Oesskatting se eerste skatting wat einde Februarie gepubliseer word, gaan belangrik wees om die nasionale toestand te evalueer, maar die realiteit is dat daar tans verskeie individuele produsente is wat wesenlike verliese in die gesig staar weens die droogte en markte”, volgens Derek Mathews voorsitter van Graan SA en produsent in een van die areas wat wesenlike uitdagings ervaar.
Graan SA het gesê hy sal met die nodige rolspelers in gesprek tree en stel voor dat produsente wat reeds beduidende uitdagings ervaar het, vroegtydig met hul inset finansierders skakel om te verseker dat nodige veranderinge in tyd gedoen kan word.