Vivienne speel in Maleisië en Singapore toernooie
Geluk aan al die SA skole spelers wat aan die toernooie deelgeneem het.
Vivienne van der Schyff (15) het as deel van die SA Skole Muurbal dogters toerspan in Maleisië en Singapoer aan die Redtone Kuala Lumpur Junior Ope- en ONCOCARE Singapoer Junior Ope Muurbaltoernooie deelgeneem.
Slegs die eerste ses spelers per ouderdomsgroep was genooi.
Die Redtone Kuala Lumpur Junior Ope is van 3 tot 8 Desember beslis en het Vivienne 22ste geeïnding uit die 57 dogters o.17 spelers van 24 lande.
Die ONCOCARE Singapore Junior ope-toernooi is van 11 tot 15 Desember gespeel. Vivienne eindig 17de van die 34 o.17 meisies.
Sy word afgerig deur Tremayne McDonald en sê Vivienne dankie aan elkeen wat dit vir haar moontlik gemaak het om die toer te kon meemaak. Elke bydrae wat ontvang is, word opreg waardeer.



