Local newsNews

Matrikulante tel die dae na die lang wag

So sal uitslae bekendgemaak word.

Matrikulante van 2024 se lang wag vir hul uitslae is so amper verby. Die IEB (Independent Examination Board) uitslae sal net na middernag op 14 Januarie beskikbaar wees, en die NSS (Nasionale Seniorsertifikaat) uitslae vanaf 06:00 op 14 Januarie.

Goeie nuus is ook dat eksamennommers en uitslae wel vanjaar op aanlyn platforms en in koerante  gepubliseer sal word nadat die hooggeregshof in Pretoria gister die Inligtingsreguleerder (IR) se dringende aansoek tot die hof om te keer dat die uitslae gepubliseer word, van die hand gewys het.

Sou daar foute met name of identiteitsnommers op matrikulante se uitslae wees, moet dit voor 21 Februarie by die departement van onderwys aangemeld word. Daar is ook 30 dae tyd vir navrae oor uitslae nadat die uitslae bekendgemaak is.

Die Departement van Onderwys sal Maandag  om 16:00 tydens ‘n inligtingsessie  ‘n opsomming van die 2024 uitslae en terugvoer oor die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen gee, gevolg deur ‘n glansgeleentheid later die aand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button