Tragedie: Agt sterf waterdood in Kliprivier
Daar is tans ook waarskuwings vir water oor die pad op die R76 net buite Viljoenskroon
Polisieduikers het vanmiddag die liggame van vier volwassenes en vier kinders uit die Kliprivier gehaal na ‘n tragedie wat hom oor die naweek op die S281 buite Heilbron afgespeel het.
Die bakkie waarin die agt insittendes was, is vermoedelik Saterdagaand deur vloedwater op ‘n laagwaterbrug meegesleur. Polisieduikers kon eers vanoggend begin soek toe die voertuig in die water opgemerk is en dit by die polisie gerapporteer is.

Daar is oor die naweek ook gewaarsku oor water oor die R57 tussen Petrus Steyn en Heilbron, en is pas ook waarskuwings ontvang vir water oor die pad op die R76 sowat 7,6km buite Viljoenskroon
Die weerdiens het gewaarsku teen swaar reën, wind en hael wat vir vandag oor die suidwestelike deel van Mpumalanga en die verre oostelike dele van die Vrystaat provinsie verwag word.
Motoriste moet ook baie versigtig wees vir slaggate op die R59 tussen Parys en Sasolburg. Daar is verlede week begin met die herstel van van die gate en was ‘n stop/ry-punt opgestel.



