
Motoriste word gewaaarsku dat die R76 tussen tussen Kroonstad en Viljoenskroon onder water is.
So ook die R549 tussen Deneysville en Sasolburg.
Bestuur asseblief versigtig en gebruik eerder alternatiewe roetes waar moontlik.
Die polisie het vroeër vanmiddag spesifiek gewaarsku dat mense nie oor oorstroomde paaie, brue of deur strome moet beweeg nie, selfs al sou die water vlak lyk, omdat jy jou kan misreken met die sterkte en diepte van die water.
Dit is veiliger om te wag tot watervlakke sak of dan eerder alternatiewe roetes te gebruik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



