Local newsNews

Parys speurders maak dit drie in ‘n ry

Soos vorige jare het die uitsonderlike samewerking en toewyding van Parys se speurders uitgestaan.

Parys Speurdiens, onder waarnemende bevel van adjudant-offisier Brian Janse van Rensburg, het die afgelope naweek tydens die polisie se jaarlikse Uitnemendheidstoekennings- geleentheid vir die Fezile Dabi-distrik, die toekenning as Beste speurtak in die distrik ontvang. Wat dié prestasie nog meer merkwaardig maak is dat die toekenning vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgens aan dié speurtak oorhandig is.

Die toekenningsgeleentheid is in Vanderbijlpark gehou, en bygewoon deur die Vrystaatse Provinsiale Kommissaris, Luitenant-generaal Baile Motswenyane, en Distrikskommissaris, Majoor-generaal Makubo.

Met die toekennings word erkenning gegee vir uitsonderlike diens en toewyding in die distrik binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), vir die manne en vroue in blou wat die ekstra myl loop in die uitvoer van hul plig.

Agter van links is sersant Rathaba, konstabel Boniswa, sersant Tshabalala, konstabel Konyana, kolonel Mokoena van Zamdela Cluster, sers. Mantoor, mev. Kgantse, sersant Nqai en luitenant-kolonel Koboe (Speurhoof: Zamdela Cluster). Voor is konstabel Tshabalala, sersant Moqhedlana, adjudant-offisier Jansen van Rensburg (waarnemende bevelvoerder Parys Speurdiens) en adjudant-offisier Venter. Adjudant-offisier Hunter en mev. Karlien Smit was afwesig met die neem van die foto.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button