Local newsNews

Miljoene se onwettige sigarette gekry

Die verdagte sal binnekort in die Parys landdroshof verskyn.

‘n 35-Jarige man is gister, 2 Junie, by die Vaal Plaza op die N1-hoofweg in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik onwettige sigarette ter waarde van ongeveer R7,5 miljoen .

Hoofwegpatrollie lede van die Fezile Dabi distrik het die verdagte vragmotor opgemerk by ‘n voertuigkontrolepunt en dit toe agternagesit. Toe die vragmotor by die Engen One Stop-vulstasie tot stilstand gedwing en deursoek is, is 430 bokse vermoedelik onwettige sigarette gekry.

Van die vermoedelik onwettige sigarette wat deur die polisie gekonfiseer is. Foto: SAPD Kommunikasiedienste
Van die vermoedelik onwettige sigarette wat deur die polisie gekonfiseer is. Foto: SAPD Kommunikasiedienste

Die Isuzu-vragmotor wat gebruik is om die goedere te vervoer, is ook gekonfiskeer.

Sersant Josephine Rani sê die verdagte sal na verwagting binnekort in die Parys Landdroshof verskyn

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button