Local newsNews

Pothole braai maak werk van krater gate

Vir jare al sukkel inwoners van Schilbachstraat met die erg vervalle toestand van die pad en is vanoggend plan gemaak om dit weer rybaar te kry.

As die gate kraters word en daar meer gat as pad is, dan moet daar plan gemaak word, want Schilbachstraat se gate voor Blikoorjies-kleuterskool was selfs vir voetgangers en fietsryers al ‘n saak van onmoontlikheid om ‘n stukkie teer raak te trap.

Vanoggend het ouers en personeel van dié kleuterskool hande gevat om jare se verval van dié pad reg te maak. Van die inwoners in die straat het ook bygedra, en is vooraf deeglik beplan hoe die groot taak aangepak sou word.

glimlag, het slaggate in Schilbachstraat inwoners en padgebruikers al behoorlik moedeloos gehad in die verlede. Foto: Liezl Scheepers
Anders as die klein mannetjie se breë glimlag, het slaggate in Schilbachstraat inwoners en padgebruikers al behoorlik moedeloos gehad in die verlede. Foto: Liezl Scheepers

Al die materiaal vir die gatvasvat is geskenk en is die plan om reg te maak van Grens- tot by Uniestraat.

Al wat kan het hand bygesit.
Al wat kan het hand bygesit.

Tussendeur die harde werk is die braaivleisvure gestook en het die vreugdevure hoog gebrand want vir die eerste keer sal hier nie meer vir kraters in dié straat gekoes hoef te word nie.

Dit was harde werk, maar vir die jongspan ook lekker speel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button