‘n Paasfees wat praat
Vir menige mense is die Paastyd ‘n spesiale tydperk van die jaar. Dit is ‘n tyd om ‘n gedeelte van Jesus se lewe en aksies te vier en met die vakansietyd in sig, is dit ook ‘n tyd in ons land om saam met vriende en familie kwaliteit tyd te spandeer.
Doxa Deo Randburg skep ‘n geleentheid vir die gemeenskap om hierdie spesiale tyd op ‘n unieke manier deur te bring:
‘n Paasproduksie, Faces, vorm deel van die Paasaktiwiteite en beloof om elkeen wat kom kyk, aan te raak met ‘n motiverende boodskap oor elkeen van ons se waarde in die lewe.
Faces produksie: Vrydag 3 April om 10vm. Toegang is gratis.
Enige navrae kan gerig word aan Doxa Deo Kantoor: 011 867 5954
Adres: Warranty House, 3e vloer, Smitstraat 185, Fairland.