‘n Nuwe skool jaar het aangebreek en leerder het op 9 Januarie terug gekeer na Laerskool Fontainebleau waar ouers hulle kosbare kindertjies laat gaan dat hulle, hul eie voetspore in die sand kan maak.
Die dag het begin by die Graad 1 klaskammers, kleintjies het aangestorm gekom en hulle Juffrouens omhels. Glimlagte tussen the Graad 1 leerders was uitgedeel soos wat hulle nuwe maatjies gemaak het.
Hulle het lekker gespog met hulle nuwe skryfbehoeftes en hoe pragtig hulle kon inkleur. Party van die leerders het blitsig binne die klaskammers gehardloop om hulle gunsteling sitplekke te kry. Ouers het met swaar harte die klaskammers verlaat maar, die kindertjies het vrolik gegiggel en lekker gespeel. Ouer Grade het op die skool terrein rond gehardloop en hulle vrye tyd geniet. Almal het baie uigesien vir die nuwe jaar en hulle nuwe Graad.










