Local newsLocal sportNewsSport

Bokkie netbalspelers speel kelner

Met die jaarlikse Transvaalse Volkseie Sport Bokkieweek om die draai, het die Bokkie netbalspelers oop 18 Junie by die Randfontein, San Pedro, Spur kelner gespeel om fondse vir hul toer in te samel. Volgens die bestuurder van Spur, Janesca Smit, het die bestuur van Spur ingestem om die netbalspelers toe te laat om saam met …

Met die jaarlikse Transvaalse Volkseie Sport Bokkieweek om die draai, het die Bokkie netbalspelers oop 18 Junie by die Randfontein, San Pedro, Spur kelner gespeel om fondse vir hul toer in te samel.

Volgens die bestuurder van Spur, Janesca Smit, het die bestuur van Spur ingestem om die netbalspelers toe te laat om saam met die kelners die kliënte te bedien.

‘n Gedeelte van die geld wat tydens hul skof by Spur gemaak is, is dan aan die netbalspelers gegee.

Daar was in totaal 20 netbalspelers wat vanaf 5nm tot 8nm by die Spur die kliënte bedien het.

Alhoewel daar sowat 48 netbalspelers in die Transvaal Netbalgroep is, is dié 20 netbalspelers almal Randfontein-inwoners.

“Die netbalspelers het behoorlik hul hande vol gehad en moes selfs saam met die res van die kelners Spur se danspassies uitvoer.

“Elkeen van hulle het dié taak baie goed verrig en die geleentheid sommer baie geniet,” vertel Janesca.

Volgens die netbalorganiseerder vir die Bokkieweek, Magdie de Winnaar, sal dié fondse wat tydens die geleentheid gemaak is, hulle baie help tydens hul toer na Naboomspruit.

“Die toer vind van 1 – 5 Julie plaas en die groep netbalspelers sal tydens die toer teen 16 ander provinsies meeding en sodoende in aanmerking kom om deel van die Nasionale Gazelle span te form,” vertel Magdie.

Magdie, haar bestuur en al die netbalspelers bedank Spur se bestuur vir die geleentheid en die fondse wat hulle op dié wyse vir die toer ingesamel het.

“Ons spelers was moeg na die drie ure se kelner speel, maar dit is alles vir ‘n goeie doel en ons waardeer dit opreg,” vertel Magdie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button