Local newsNews

ATKV Toekomsrus bied digkuns kompetisie aan

Plaaslike digters kan nou inskryf vir die ATKV Toekomsrus tak se digkuns kompetisie.

Die ATKV tak in Toekomsrus bied ‘n digkuns kompetisie aan waar hulle alle lede van die Toekomsrus gemeenskapnooi om hulle gedigte vir die kompetisie in te skryf.

Volgens een van die organiseerders, Lester Fritz, is die tema van die kompetisie die “Psalms van Toekomsrus” en moet die gedigte ‘n Bybelse boodskap oordra.

Die gedigte sal dan deur kenners in die veld beoordeel word.

“Die beoordelaars sal die 100 beste gedigte kies en dié gedigte sal dan in ‘n digbundel verskyn,” vertel Lester.

“Die Psalms is geïnspireer deur die Bybel, maar mense skryf oor die lied in hulle harte en hoe hulle voel teenoor God, of dit prys is, eerbieding of klaagliedere.

“Daar is geen beperking nie. Ons bemark en dryf die kompitisie deur sosiale media en plakkate, voorleggings en interaksies met die gemeenskap.”

Die organiseerders het al reeds vir Righart Le Roux van Westonaria Biblioteek, Tereska Muishond, ‘n beroemde digter en oud -raaiboekskrywer van die TV-sepie Scandal en Wayne Kruger van die Randfontein/ Westonaira Herald, wat ook onglangs sy debutbundel vrygestel het, as beoordelaars geïdentifiseer.

“Diegene wat belangstel het tyd tot 20 November om hul gedigte in te skryf waarna die materiaal beoordeel sal word.

“Daarna sal die 100 wengedigte gereed gekry word vir publikasie,” vertel Lester.

Daar sal ook ‘n toekenningseremonie vir die top drie inskrywings gehou word.

Vir meer inligting rondom die kompetisie, skakel gerus vir Lester Fritz by 084 479 3080.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button