Local newsNews

Handig jou belastingopgawe vroegtydig in

Belastingbetalers word aangemoedig om so gou moontlik hul belastingopgawe in te dien.

Belastingbetalers het net ‘n paar weke oor om hul 2013-belastingopgawe in te dien voor die sperdatum van 22 November en word aangemoedig om vinnig dié opgawe in te dien om boetes te vermy.

Die belastingjaar strak vanaf 1 Maart 2012 tot 28 Februarie 2013.

Volgens Johan Swart, belastingbestuurder by Legal and Tax, kan die invul van ‘n belastingopgawe dalk meer tyd en moeite kos as wat jy verwag.

“So begin sommer onmiddelik met die proses. As jy tot op die absolute laaste datum wag om jou opgawe in te dien sal SARS se kantore druk besig wees, en die eFiling-diens kan dalk onder die druk van die spertyd ingee,” vertel Johan.

Hoe vinniger jy jou opgawe indien, hoe vinniger sal jy jou terugbetaling kry indien jy een verwag. As jy jou belastingbydrae onderskat het, kan jy moontlik heelwat bespaar op boetes en rente omdat jy jou opgawe vroeg ingedien het.

Danksy SARS se eFiling sisteem hoef belastingbetalers nie meer in rye te staan of papieropgawes in te vul nie. Die diens is gerieflik, veilig, maklik om te gebruik en is 24 uur per dag, sewe dae per week beskikbaar. As jy eFiling gebruik, het jy tot 22 November om jou opgawe aanlyn in te dien.

“Kry al jou aanvullende dokumentasie byderhand sodat jy dit onmiddelik kan voorsien indien SARS ? oudit sou aanvra. Aanvullende dokumente kan jou IRP5-belastingsertifikaat van jou werkgewer, ‘n inkomstebelastingsertifikaat van jou mediesefondsskema, ‘n lys van die kwitansies van mediese uitgawes wat nie deur jou mediese fonds gedek is nie, ‘n belastingsertifikaat vir jou bydraes tot ‘n aftreeannuïteit en ‘n gedetailleerde logboek van jou sakereise en reiskoste vir die tydperk insluit,” vertel Johan.

Hy vertel verder dat dit is onwettig om oneerlik te wees op jou belastingopgawe deur jou uitgawes te oordryf en nie jou regte inkomstes te verklaar nie. Die boetes vir vals verklarings op belastingopgawes is hoog daarom is dit onnodig om valse verklarings af te lê.

Sedert die begin van eFiling het SARS die aantal lukraak oudits wat hulle doen, verhoog, en die risiko dat jy uitgevang kan word, is groter as ooit tevore. “Dit is net nie die moeite werd om die kans te vat om ‘n paar rand te spaar nie,” vertel Johan.

SARS het die lewe vir die belastingbetaler vergemaklik deur die papierwerk en die belastingbetaalproses te vereenvoudig, maar belastingsake kan steeds ingewikkeld wees. Kontak liewer ‘n professionele belastingkundige by Legal and Tax om seker te maak dat jou opgawe die eerste keer reg ingedien word. Die Legal and Tax-konsultante kan jou dalk ook help om wettige maniere te identifiseer waarop jy die bedrag kan verminder wat jy elke jaar vir belasting betaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button