Ondersteun Karolis en Lente ‘Die Moewie’
AGS Greenhills gemeente nooi die gemeenskap na die amptelike bekendstelling van 'Karolis en Lente Die Moewie'
AGS Greenhills nooi die gemeenskap om deel te wees van die amptelike vrystelling van ‘Karolis en Lente Die Moewie’
Volgens Pastoor Hannes van der Merwe van die AGS-Greenhills, word dié film landswyd vanaf 29 November tot 1 Desember vrygestel.
“Ons as gemeente is bevoorreg genoeg om die film by ons kerk vry te stel en nooi die gemeenskap om saam met ons in dié groot geleentheid te kom deel en sommer lekker saam met Karolis en Lente op die skerm te kuier,” vertel Hannes.
Hy vertel verder dat die landswye toegang tot die geleentheid R30 per persoon beloop.
Let wel dat slegs persone ouer as 3-jaar moet betaal.
“Na afloop van die film, sal daar verversings te koop beskikbaar wees, en diegene wat Die Moewie geniet het kan dit dan ook tydens die geleentheid aankoop op DVD.
“Die DVD’s beloop R120 elk,” vertel Hannes.
Vir enige navrae of meer inligting, skakel gerus die AGS-Greenhills kerk kantoor van Maandae tot Vrydae tussen 8vm en 2nm op 011 692 3880 of stuur ‘n epos aan admin@agsgreenhills.co.za



