Vyf geslagte teenwoordig by ‘n besonderse doopdiens
Vir Gert Oosthuizen was dit 'n groot eer en voorreg om twee van sy agterkleinkinders en 'n agterkleinkind aan God te wy tydens 'n baie besonderse doopdiens.
Gert Oosthuizen en sy familie het op 15 Desember 2013 ‘n baie besondere doopdiens beleef.
Dit is tydens dié doopdiens waar vyf geslagte van die Oosthuizen en Hanzen families teenwoordig was.
Volgens Gert, was dit vir hom ‘n groot voorreg om tydens die geleentheid twee van sy agterkleinkinders sowel as een van sy kleinkinders aan God te wy.
“Dit was ook ‘n groot mylpaal om vyf geslate van dié familie by die geleentheid teenwoordig te hê en ek dank God vir die eer en voorreg om deel van so groot dag te wees,” vertel Gert.
Gert vertel dat die doopdiens by die Evangelies Gereformeerde Kerk in Helikonpark plaasgevind het.
“Die dag was ‘n reuse sukses en dit was werklikwaar ‘n belewenis om as oupa-groot jou nageslag by God se voete neer te lê,” vertel Gert ten slotte.



