Local newsNews

Loof en eer God saam met AGS Greenhills

Kom geniet 'n wonderlike lofprys en aanbiddingsdiens saam met Mervis en Sonja van der Merwe by die AGS Greenhills gemeente op 26 Januarie.

Die AGS Greenhills gemeente bied op 26 Januarie ‘n lofprys en aanbiddingsdiens aan en nooi die gemeenskap om die geleentheid saam met hulle in die teenwoordigheid van God te geniet.

Volgens die pastoor van dié gemeente, Hannes van der Merwe, sal die welbekende lofprys en aanbiddingsgroep Mervis en Sonja van der Merwe die dienste lei.

“Ons het dit goedgedink om tydens beide die oggend-erediens sowel as die aanddiens saam met Mervis en sy vrou, Sonja te kuier en hulle die geleentheid bied om ons in aanbidding te lei,” vertel Hannes opgewonde.

Hy vertel verder dat Mervis en Sonja ook tydens dié twee dienste profetiese woord aan die gemeente sal gee.

“Aangesien dié geleentheid ‘n groot gebeurtenis vir AGS Greenhills is, het ons besluit om die gemeenskap daarby te betrek.

“Alhoewel daar nie ‘n kontant toegangsvooi is nie, is die toegang tot die geleentheid ‘n oop hart om die Here te loof en prys.”

Die oggend-erediens sal soos oudergewoonte om 9.30vm afskop en diegene wat verkies om eerder die aanddiens by te woon kan vanaf 5.30nm by die kerkgebou aanmeld.

Vir enige verdere inligting of navrae, skakel gerus die AGS Greenhills kerkkantoor tussen 8vm en 2nm by 011 692 3880.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button