Die Suid-Afrikaanse Jukskei Kampioenskappe het tydens die Desember-vakansie in Kroonstad plaasgevind en Laerskool Rapportryer se jukskeispelers het behoorlik tydens die geleentheid koning gekraai.
Volgens die Skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het die o.13A dogters jukskei span ‘n algehele eerste plek behaal en is as die beste o.13 dogters span in die land aangewys.
Dié span het uit Ju-hanie Wilken, Michaella Coetzee, Zaania Coetzee en Marianca Masser bestaan.
“Die o.13A seuns jukskeispan het ‘n algehele sesde plek in die kampioenskappe behaal.
“Tiaan Wilken en Janco Olivier was deel van dié span,” vertel Roleen.
Sy vertel verder dat die o.13B seuns jukskeispan baie goed gevaar het en hulself van ‘n algehele tweede plek tydens die kampioenskappe verseker het.
William Vermeulen en Reuben McDonald was deel van dié span.
“Ju-hanie Wilken, Tiaan Wilken en Janco Olivier is daarna Bloemfontein toe om aan die Suid-Afrikaanse Skole Sport Nasionale Kampioenskappe te gaan deelneem en is daar ook in hul onderskeie spanne as algehele wenners aangewys,” vertel Roleen.
“Ons is baie trots op al ons jukskeispelers en wens julle geluk met julle puik prestasies.”



