NewsSchools

Riebeeckrand kondig hul 2014 pom-poms aan

Hoërskool Riebeeckrand kondig hul pom-pom-groep vir 2014 aan en is al reeds besig om aan hul choreografie vir die opkomende Randfontein Skou Pom-Pom-Kompetisie te werk.

Hoërskool Riebeeckrand is baie opgewonde oor hul nuutgekose pom-pom-groep en is reeds besig met hul voorbereiding vir die opkomende Randfontein Skou Pom-Pom-Kompetisie.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het hul pom-pom audisies al reeds in Oktober verlede jaar plaasgevind.

Dit is tydens dié audisies waar Riebeeckrand 25 leerlinge gekies het om deel van hul 2014 pom-poms te wees.

“Vanjaar se pom-poms bestaan uit 18 dogters en 7 seuns. Ons is baie opgewonde oor die groep en glo dat hulle verskeie hoogtepunte gedurende die jaar gaan behaal,” vertel Rickus.

Hy vertel verder dat dié groep volstoom aan die oefen is en hand aan hand saam met hul choreograaf, Vumile Mphande, werk.

“Vumile is tans ‘n student aan die Arts School in Johannesburg en gaan beslis ‘n groot impak op vanjaar se roetine hê,” vertel Rickus opgewonde.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button