Hoërskool Riebeeckrand spog met vyf van hul o.16 rugbyspelers wat in die Goue Leeus Presidentspan opgeneem is.
Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, is Quintin Roux, Shane Pollock, Enrico Luit, Donovan Mienie en Regardt Pretorius in dié span opgeneem.
“Dié spelers moes aan twee rondtes proewe deelneem en het hulself puik van hul taak gekwyt,” vertel Rickus.
Die proewe het op 24 Januarie en 3 Februarie by die Johannesburg Stadium plaasgevind.
“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op die rugbyspelers en wens hulle alle sterkte toe met hul opkomende wedstryde as deel van die o.16 Goue Leeus Presidente Rugbyspan,” vertel Rickus ten slotte.



