ATKV bied toneelwerkswinkel aan
Aspirantakteurs in die gemeenskap kan uitsien na nog 'n ATKV toneeleerkswinkel wat op 8 Maart by AGS Randfontein aangebied sal word.
Die Afrikaanse Taal en Kultuurvereeniging (ATKV) bied op Saterdag 8 Maart ’n toneelwerkswinkel by die AGS-Kerk Randfontein aan.
Die geleentheid sal om 8.30vm afskop en tot 4 nm duur.
Registrasiefooi vir die werkswinkel beloop R100 per persoon en sluit ‘n middagete en die kursusmateriaal in.
Sertifikate van bywoning sal na afloop van die werkswinkel aan elkeen teenwoordig oorhandig word.
Enigeen wat meer wil leer oor toneel of teater is welkom om die geleentheid by te woon en sal beslis by die werkswinkel baat vind.
Diegene wat belangtel kan tydens die werkswinkel hul dramatalent kom slyp, nuwe dinge leer of net weer inspirasie vind.
Die program sal uit teoretiese onderwerpe soos spel, regie, tegniese aspekte, teks, ontwerp, en nog vele meer bestaan.
Diegene wat die geleentheid bywoon kan ook uitsien na puik praktiese voorbeelde en inligting oor deelname aan toneelfeeste en kompetisies in samewerking met die ATKV-Tienertoneel, wat sy 50ste bestaansjaar vier.
Die werkswinkel sal deur die skrywer, akteur en regisseur, David Brink behartig word.
Hy is reeds tien jaar by die ATKV-Tienertoneelkompetisie betrokke en kan elke aspirantakteur baie nuwe dinge leer.
Die werkswinkel is ’n inisiatief van ATKV Randfontein tak in samewerking met die ATKV-Tienertoneelkompetisie.
Vir meer inligting rondom die geleentheid of registrasie, kontak vir Chrisna Grobler by 083 703 2608 of per epos by chrisnagrobler1@gmail.com.



