Local newsNews

Selfvoerbakke vir honde, hoekom nie?

Selfvoerbakke het meer nadele as voordele volgens Dr. Naudé van die Randfontein Dierehospitaal.

Daar is bykans geen voordele daaraan om jou hond met ‘n selfvoerbak te voer nie.

Dit is wel ‘n goeie oplossing vir diegene wat net lui is sê Dr Hendrik Naudé van die Randfontein Dierehospitaal.

“Veeartse haat selfvoerders. Die nadele is so baie dat die persoon wat ‘n selfvoerder gebruik, eerder nie ‘n hond moet aanhou nie,” het Naudé verduidelik.

Kom ons kyk bietjie na die nadele.  In die eerste plek verloor mens die band wat daar gevorm word tussen hond en eienaar en mens verloor die kans om die hond disspline te leer. Nog ‘n nadeel is dat mens nie dadelik fout met die hond kan opmerk nie; ‘n siek hond verloor gewoontlik sy eetlus maar kan gemis word met ‘n selfvoer bak.

Kos in ‘n voerder word ook vinniger oud en indien muf of swamme, as gevolg van die klamigheid in die kos vorm, kan dit lui tot swamvergiftiging wat dodelik is volgens Naudé.

“Die eienaar het ook geen beheer oor hoeveel die hond eet nie en dit kan gewoontlik lui tot vetsug.”

Volgens Naudé hou vlieë in die dag en kakkerlakke in die nag baie van hondekos. Die insekte vreet dan dalk by die buurman se siek hond, dan word dit gesteur en vlieg oor na jou hond se bak waar dit verder vreet en so siektes versprei.

Nog ‘n nadeel sê Naudé is dat dit dikwels gebeur dat die kos in die voerbak klaar word en dan vergeet die eienaar om dit weer vol te maak wat veroorsaak dat die hond dan dae lank sonder kos bly.

Die regte manier om jou hond te voer volgens Naudé is twee keer per dag en die hoeveelheid vir die gewig en oudersom van die hond (Vra veearts of kyk op sak). Dr. Naudé se ook dat as die hond nie die kos binne vyf minute klaar eet nie, tel dan dit wat oorbly op en bêre in geseëlde houer. As die hond met die volgende ete ook swak eet moet hulp gesoek word want dit is ‘n indikasie dat jou hond dalk siek is. Was bakke na voeding en bêre hulle in ‘n droë area.

Honde selfvoer bakke het meer nadele as voordele volgens Dr. Naudé. Foto van www.petmd.com
Honde selfvoer bakke het meer nadele as voordele volgens Dr. Naudé. Foto van www.petmd.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button