CrimeLocal newsNews

AfriForum stel 24-uurkrisislyn bekend

AfriForum 911 vir 117 000 lede geloods.

AfriForum het ‘n 24-uurkrisislyn bekend gestel waar die organisasie se meer as 117 000 lede en hulle gesinne misdade en ander noodgevalle telefonies kan aanmeld en dringende hulp kan vra.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy organisasie besluit om dié gratis nooddiens aan lede, genaamd AfriForum 911, te loods in die lig van die groeiende misdaadkrisis in die land en die feit dat die polisie dikwels traag in noodgevalle reageer.

“Waar die regering misluk in sy basiese verpligtinge om burgers se veiligheid te verseker, moet ons self begin doen wat ons kan om ons lede se veiligheid te probeer verseker”, het Kriel gesê.

Die telefoonsentrum, waar die krisislyn 365 dae per jaar beman word, sal sodra ‘n noodoproep rakende ‘n misdaad ontvang is, namens die inbeller die die polisie, die inbellers se bure en familie, sekerheidsmaatskappy en naaste AfriForum-gemeenskapsveiligheidstruktuur of buurtwag skakel om hulp te versoek. 

AfriForum se lede kan die kontakbesonderhede van diegene wat in noodgevalle gekontak moet word, by www.afriforum911.co.za registreer.

Mediese noodgevalle kan volgens Kriel ook by die noodlyn aangemeld word, waarna ‘n ambulans namens die inbeller ontbied sal word. 

”Aangesien lede vooraf besonderhede rakende hulle mediese fonds, bloedgroep en allergieë kan registreer, sal dit mediese bystand in noodgevalle vergemaklik”, het Kriel bygevoeg. 

Volgens hom vorm telefoniese traumaberading en gesondheidsadvies ook deel van die diens. 

“As deel van die diens, word ‘n groen AfriForum 911-armband met die noodlyn se nommer aan elke lid gestuur. Elke armband het ook ‘n unieke nommer waaraan die lid se spesifieke mediese en ander besonderhede gekoppel word. Sodoende sal die lid, sou hy of sy bewusteloos wees, identifiseer kan word. Die armband, wat ook aan lede se kinders uitgereik kan word, kan byvoorbeeld ook gebruik word om die ouers van kinders in noodsituasies deur die krisislyn op te spoor.”

‘n Video met meer besonderhede oor hoe AfriForum 911 werk, kan besigtig word by www.afriforum911.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button