Local newsNews

Doof, stom en blind maar positief

Niks kan Johannes Cloete se entoesiasme vir die lewe demp nie.

Mens sien gereeld bedelaars op hoeke staan en pleit vir geld. Party maak selfs of hulle liggaamsgebreke het om ander se harte te probeer sagmaak.

Dit was hoekom dit so ‘n plesier was om Johannes Cloete te ontmoet. Hy gebruik nie sy gebrek as verskoning vir lui wees nie.
Johannes is doof, en stom, en blind in sy een oog nadat hy breinvliesonsteking opgedoen het toe hy 18-maande oud was.

“My kind was baie siek, en het na 45 dae in ‘n koma wakker geword met skade aan sy gehoor, sig en brein. Hy moes weer leer loop en was basies weer soos ‘n pasgebore baba toe ons hom huis toe gebring het,” het Andrieke Cloete, sy ma vertel.

Johannes is op vier jaar oud na die Transoranje-skool toe waar hy tot en met agt jaar oud was.

“Ons kon dit finansieel net nie meer bekostig nie en moes hom toe uit die skool haal. Dit het nie sy moed gebreek nie. Hy was altyd gewillig en bereid om sy kant by die huis te bring,” het Andrieke bygevoeg.

Nou op 32-jarige ouderdom het Johannes sy eie tipe vingertaal waarmee hy met mense kommunikeer en het ook al geleer lippe lees. Hy het al by ‘n paar plekke gewerk maar dit gaan maar moeilik volgens Andrieke omdat hy gefrustreerd raak as mense hom nie kan verstaan nie.

Johannes sny nou gras by huise in die omgewing en doen tuinwerk waarvoor hy baie lief is om sy ma te help met die huur- en kosgeld.

Tydens die onderhoud het Andrieke Johannes se handgebare vir die herald vertolk.

“Ek geniet dit baie om in die buitelug te werk,” het hy verduidelik.

Johannes het ook verduidelik hoe sy grootste droom in die lewe is om permanent te kan werk, ‘n vrou en kind te hê en iets vir die samelewing te beteken.

Johannes is netjies, vriendelik en het altyd tyd vir ‘n grappie of twee. Hy is ‘n voorbeeld van hoe die regte gesindheid ‘n verskil in die wêreld kan maak.

Niks kan hom onderkry nie en baie mense wat die lewe en hulle gesondheid as vanselfsprekend aanvaar, kan gerus ‘n paar lesse by Johannes leer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button