Jannas-eerstes, ‘n span met vasbyt
'Wenners is nie dié wat altyd wen nie, maar dié wat nooit opgee nie' — kaptein.
Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het ‘n eerstenetbalspan om op trots te wees.
Dit nadat hulle tweede in die Jomo-kampioenskappe (5 tot 6 Junie) en 17de tydens die Gauteng-kampioenskappe (13 en 15 Junie) geëindig het.
Volgens Tamaryn Smith, woordvoerder van Jannas het die dogters by Jomo met sterk opposisie en skole soos Linden, Krugersdorp High School (KHS), Crawford en Jeppy High School for Girls kragte gemeet.
Tydens die Gauteng-kampioenskappe het hulle teen ‘nekkies van die plekkies’ onder andere Randburg, Waterkloof, Dr Malan en Marais Viljoen te staan gekom.
“Wenners is nie dié wat altyd wen nie, maar dié wat nooit opgee nie,” het Anja Esterhuizen, eerstenetbalspankaptein gesê.



